Friday, July 16, 2010

Ok, ek het te laat gaan slaap gisteraand, flip. Ek se vir Bert, kom nou kom ons gaan slaap. Mar nee, dis so cool fliek. En dit is te lekker voor die verwarmer. Kyk nou wa hang my oe vanoggend. Op my tone. En my kop is seer want ek het twee ponies gemaak en twee swaar hartjie oorbelle in my ore vir Vaalpark se show vanoggend. Ek show by Lumiere laerskool. Ek sien nogal uit, my eerste volwaardige show na 6 weke. Ek het die rus flippen nodig gehad. En ek het 3 bloggers waarvan twee manne is. Hey!!!!!! I laaik it. Miskien kan die manne my 'n paar dinge leer van karre, ma wees en hoe om die coolste chic vir my man te wees? He? Hierdie Nissan Primastar skud vanoggend te erg. Ek het my toppunt bereik. Vir Frans Parsons gebel om te hoor waarvoor ons die Primastar kan inruil. Ek soek 'n Voyager chrysler. Frans se ek is mal ek gaan R6 per km betaal vir petrol en ons ry 80 000 km per jaar. Flip. There goes that idea. Ok wat van 'n BMW? (grappie) Hy stel 'n Nissan iets van X13i of wat? voor. Klink soos 'n SUV tipe ding. Of die nuwe 7 seater Hyundai of wat nou wee? ... dink dink dink...... o ja die Captiva. My budget laat ongelukkig nie 'n ML toe nie. Nog nie, maar gee kans, voor ek 70 is sal ek daai kar ry (ek hoop net ek kan nog die clutch bykom teen daai tyd want ek word by die dag korter). Na vaalpark show is dit huistoe, my oxtail vervolmaak en tafelsdek vir die Supercool v Jesus kreatiewe span wat vanaand kom eet. Ek en Bert se vanaand bietjie vir hulle dankie vir al die harde werk. Ek weet ek is nou flippen selfsugtig. Maar ek wens iemand wil bietjie so iets vir my reel. Dat ek net kan gaan aansit by 'n tafel vol lekkernye en iemand vertel my hoe oulik ek is en dankie vir alles en as ek klaar geeet het kan ek net van die stoel afval op 'n sagte waterbed, en dan gooi hulle my toe met so leeeeekkkkeeeeer sagte wol kombers en ek slaap vir 'n week. MMMMMM dit klink fantasties. Ek sal moet leer om beter te reel. Ok, en raai wat, Adriaan het jou wraggies vanoggend SELF wakker geword. Hy't iewers in die newels van die slaap by ons kom inkruip (altyd 'n welkome persentjie so klein warm lyfie in die middel van die nag wat styf teen jou kom le) Vanoggend toe Bert Affies toe ry met Amortjie, skiet sy ogies oop en hy se "Mamma! Ons moet opstaan" My verbasing, moet ek erken, was reusagtig. Maar toe slaan dit my tussen die oe. Meneertjie het 'n partytjie by Experilab vanmiddag, en sy bioritmiese wekkertjie is gisteraand deur meneertjie gestel, want dis partytjiedag!!! So, adriaan gaan vanmiddag sy gunsteling tydverdryf beoefen... Experimente. Hierdie mamma laat my kinderpartytjie pogings soos 'n as in die wind verdwyn. 'n Partytjie by Experilab. Wa was ek al my lewe? Hoekom weet ek nie van hierdie goed nie? Wow?!! O ja, want ek werk altyd. Ek het vergeet. Ok nie altyd nie, maar wanneer mense tyd kry vir braai, en fliek en rugby kyk en weggaan oor naweke, werk ons. Wanneer mense scrabble speel by hulle huise of lego bou saam met hulle kiddies of op 'n Saterdag oggend menlyn toe gaan, werk die blomme. Die hele spannetjie. Maar nou ja, eet moet ons eet, of hoe? Tot more!!

Thursday, July 15, 2010

Ek sit alweer voor Desperate Housewives. Ek het altyd gedink mense wat dit kyk is..... wel.... desperate Housewives, maar die vervaardigers was slimmer as ek... hulle het geweet dat vrouens soos ek dit gaan dink, maar eventueel sal toegee onder die druk van EEN vriendin wat jou in"lure" in haar sepie wereld in. Jip. So nou moet Lynette in kraam ingaan en 'n killer hou haar hand vas, dit laat mens net weereens dankbaar voel dat jy jou baba in 'n HOSPITAAL kon kry waar daar mense was wat jou hand kon vashou en die harmonitor van jou en baba met die een oog tjek en die dokters met die ander oog. Jaaaaaa. So, ek gaan begin blog, en nee, dit gaan my NIE consume nie. Nou's die vraag, engels of afrikaans??? eish?? Of Tswana?? Ek sal daaroor slaap vanaand.... Tot more!

Tuesday, December 2, 2008

Motor

Vandag se topic is: Motors Wat is die beste koop wat jy ooit gedoen het, en wat was die stupidste voertuig wat jy aangeskaf het en hoekom. My beste: Honda ballade 1982 model as student (enige honda ry soos 'n droommasjien)My stupidste: Toyota Avanza (ek het gedink die spasie is cool, maar die ding ry soos 'n bakkie..) Vertel my van jou experiences!!

Monday, December 1, 2008

Jukebox

My musiek video, SKOOLSIEK, is die Sondag (7 Des) op Jukebox se speellys!!!!


Om te stem vir die musiek video skakel in Sondag (011 686 7220) of stuur 'n E-pos aan jukebox@kyknet.co.za.