Thursday, July 15, 2010

Ek sit alweer voor Desperate Housewives. Ek het altyd gedink mense wat dit kyk is..... wel.... desperate Housewives, maar die vervaardigers was slimmer as ek... hulle het geweet dat vrouens soos ek dit gaan dink, maar eventueel sal toegee onder die druk van EEN vriendin wat jou in"lure" in haar sepie wereld in. Jip. So nou moet Lynette in kraam ingaan en 'n killer hou haar hand vas, dit laat mens net weereens dankbaar voel dat jy jou baba in 'n HOSPITAAL kon kry waar daar mense was wat jou hand kon vashou en die harmonitor van jou en baba met die een oog tjek en die dokters met die ander oog. Jaaaaaa. So, ek gaan begin blog, en nee, dit gaan my NIE consume nie. Nou's die vraag, engels of afrikaans??? eish?? Of Tswana?? Ek sal daaroor slaap vanaand.... Tot more!

3 comments:

Maartin said...

Hi Nadine,

Ek weet jou blog is net vir vrouens, maar ek wil tog gou inloer.

Ek dink die blog-ding is 'n fantastiese idee van jou. Ek weet jy slaap nog hieroor, maar ek dink tog Afrikaans sal die ding doen.

Maartin

Chimoné said...

Ek dink die blog gaan baie nice wees.

Lekker dag

Chimoné

Firefly the Travel Guy said...

Hi Nedine. Soos Maartin loer ek ook maar net gou in. Ek blog ook op Blogspot en my vrou stel glad nie belong nie, maar ek dink sy sal dalk van tyd tot tyd wel my van die rekenaar af wegjaag en by jou blog kom inloer.

Omdat die meeste van jou ondersteuners Afrikaans is sou ek sê hou die blog Afrikaans.
Groete vanuit Port Elizabeth