Friday, July 16, 2010

Ok, ek het te laat gaan slaap gisteraand, flip. Ek se vir Bert, kom nou kom ons gaan slaap. Mar nee, dis so cool fliek. En dit is te lekker voor die verwarmer. Kyk nou wa hang my oe vanoggend. Op my tone. En my kop is seer want ek het twee ponies gemaak en twee swaar hartjie oorbelle in my ore vir Vaalpark se show vanoggend. Ek show by Lumiere laerskool. Ek sien nogal uit, my eerste volwaardige show na 6 weke. Ek het die rus flippen nodig gehad. En ek het 3 bloggers waarvan twee manne is. Hey!!!!!! I laaik it. Miskien kan die manne my 'n paar dinge leer van karre, ma wees en hoe om die coolste chic vir my man te wees? He? Hierdie Nissan Primastar skud vanoggend te erg. Ek het my toppunt bereik. Vir Frans Parsons gebel om te hoor waarvoor ons die Primastar kan inruil. Ek soek 'n Voyager chrysler. Frans se ek is mal ek gaan R6 per km betaal vir petrol en ons ry 80 000 km per jaar. Flip. There goes that idea. Ok wat van 'n BMW? (grappie) Hy stel 'n Nissan iets van X13i of wat? voor. Klink soos 'n SUV tipe ding. Of die nuwe 7 seater Hyundai of wat nou wee? ... dink dink dink...... o ja die Captiva. My budget laat ongelukkig nie 'n ML toe nie. Nog nie, maar gee kans, voor ek 70 is sal ek daai kar ry (ek hoop net ek kan nog die clutch bykom teen daai tyd want ek word by die dag korter). Na vaalpark show is dit huistoe, my oxtail vervolmaak en tafelsdek vir die Supercool v Jesus kreatiewe span wat vanaand kom eet. Ek en Bert se vanaand bietjie vir hulle dankie vir al die harde werk. Ek weet ek is nou flippen selfsugtig. Maar ek wens iemand wil bietjie so iets vir my reel. Dat ek net kan gaan aansit by 'n tafel vol lekkernye en iemand vertel my hoe oulik ek is en dankie vir alles en as ek klaar geeet het kan ek net van die stoel afval op 'n sagte waterbed, en dan gooi hulle my toe met so leeeeekkkkeeeeer sagte wol kombers en ek slaap vir 'n week. MMMMMM dit klink fantasties. Ek sal moet leer om beter te reel. Ok, en raai wat, Adriaan het jou wraggies vanoggend SELF wakker geword. Hy't iewers in die newels van die slaap by ons kom inkruip (altyd 'n welkome persentjie so klein warm lyfie in die middel van die nag wat styf teen jou kom le) Vanoggend toe Bert Affies toe ry met Amortjie, skiet sy ogies oop en hy se "Mamma! Ons moet opstaan" My verbasing, moet ek erken, was reusagtig. Maar toe slaan dit my tussen die oe. Meneertjie het 'n partytjie by Experilab vanmiddag, en sy bioritmiese wekkertjie is gisteraand deur meneertjie gestel, want dis partytjiedag!!! So, adriaan gaan vanmiddag sy gunsteling tydverdryf beoefen... Experimente. Hierdie mamma laat my kinderpartytjie pogings soos 'n as in die wind verdwyn. 'n Partytjie by Experilab. Wa was ek al my lewe? Hoekom weet ek nie van hierdie goed nie? Wow?!! O ja, want ek werk altyd. Ek het vergeet. Ok nie altyd nie, maar wanneer mense tyd kry vir braai, en fliek en rugby kyk en weggaan oor naweke, werk ons. Wanneer mense scrabble speel by hulle huise of lego bou saam met hulle kiddies of op 'n Saterdag oggend menlyn toe gaan, werk die blomme. Die hele spannetjie. Maar nou ja, eet moet ons eet, of hoe? Tot more!!

1 comment:

Crystal Dreyer said...

Hi, girl dis great . . .

Jy bring die woord van die Here op so 'n goeie manier uit veral vir ons kinders wat nie meer regtig Godsdiens by die skole kry nie. Ek het vanoggend met een van die ouens gesels wat vir ons werk en hy se Supercool en Supercool vir Jesus is al wat sy kind kyk en luister . . . hy weier om te slaap as die cd nie speel nie. Nie eers te praat van die girls en hulle maats die ouers se dit is een van die beste dinge wat hulle vir hulle kinders in 'n lang tyd gekoop het en al wat hulle luister.

Ek weet hoe besig julle skedule is maar wil graag weer aanbied . . . dat julle een aand by ons kom kuier en lekker aand ete geniet met lekker egte boerekos. Julle verdien om bietjie bederf te word en dit sal lekker wees om net lekker rustig kan sit met 'n glasie wyn en miskien sal Adriaan nie so skaam wees vir die girls nie.

Na ons Saterdag daarby julle ry se Clarinda; "Ma hy is so cute!". Die kinders so klein maar so oulik.

So laat weet dan kom kuier julle hier waar dit baie stil en rustig is . . . that's what I love of my town - quite!

Lekker dag vir die Blomme!!!